Diewe in Dennesig bedrywig, motorfiets gesteel
Misdadigers was laasnag weer in Dennesig en Kanonkop bedrywig en het ’n motorfiets in die slag gebly.
’n Swart 125cc motorfiets is vanoggend vroeg in Hertzogstraat (Dennesig) uit ’n motorhuis gesteel, nadat diewe die hek en motohuisdeur oopforseer het.
Volgens me. Samantha de Klerk vermoed sy dat die diefstal omstreeks 02:00 plaasgevind het.
Daar is twee stelle voetspore, wat ’n aanduiding is dat daar twee verdagtes betrokke was.

“Volgens die spore lyk dit of een in die hoek van ons erf oor die heining geklim het, een van buite af en een van binne af ons hek oopforseer het.”
Die slot is geknip, die hek gebuig en van sy spoor afgehaal.
“Ons het die motorfiets twee weke terug gekoop, ” het Samantha gesê.
Dit is ’n swart 125cc Santee Wolf motorfiets, registrasienommer: CHB886X en is rofweg R28 000 werd.
Indien enigiemand inligting het wat ken help om die motorfiets op te spoor, skakel Samantha by 064 825 1782.
Ander inbrake in Kanonkop en Dennesig
Daar is op die Middelburg Dagpatrollie se WhatsApp-groep aangedui dat die misdadigers bedrywig was in Kanonkop en Dennesig.
Die volgende gevalle is aangemeld:
• In Kanariestraat (Kanonkop) is wiele van ’n voertuig afgesteel.
• ’n Hekmotor is gesteel in Leydsstraat, Dennesig.
• Daar is by ’n motorhuis in Leydsstraat ingebreek.
Do you have information on a news story you think we should cover?
Please send an email to our Editor at daleen@mobserver.co.za or phone us on 072 248 3855.
To keep updated and informed on all the latest Middelburg news, visit our official social media pages:
Facebook, Instagram, TikTok, X (Formerly Twitter), and YouTube.
