News
Bekende veearts skielik oorlede
Bekende Middelburgse veearts, dr. Tobie Spies (66), is Sondag skielik oorlede.
Familie het laat weet dat dr. Spies weens ’n hartaanval gesterf het.
Almal onthou hom as ’n saggeaarde persoon wat altyd die ekstra myl geloop het.
’n Troosdiens word Donderdag om 11:00 uit die Witkerk gehou.
• Oudredakteur van die Middelburg Observer, Tobie van den Bergh, sê dat dr. Spies saam met hulle in matriek was in 1975 in Hoërskool Generaal Hertzog en dat almal geskok is oor sy skielike dood.
• ’n Huldeblyk oor dr. Spies, sal in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer verskyn.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
