Die Carolina/Hendrinapad gaan nog vir meer as ‘n uur gesluit wees na ‘n ongeluk in die vroeë oggendure.
Die presiese plek waar die ongeluk gebeur het soos aangedui deur ‘Google Maps’
‘n Trokdrywer is ernstig beseer in die ongeluk vanoggend.
Louwtjie Swart (Traffic Alert) sê hul span van Van Wettens Middelburg is omstreeks 03:45 geskakel om te gaan hulp verleen nadat een trok van agter af in ‘n ander trok vasgery het.
Na wat verneem word, het die een vragmotor in die pad gestaan toe dit deur die ander een getref is. Die drywer van die agterste trok het ernstige beserings opgedoen. Dit blyk dat daar niemand in die voorste trok was ten tyde van die ongeluk nie.
Spanne is reeds besig met opruimingswerk, maar dit kan nog meer as ‘n uur, selfs nader na twee ure duur.

