Kleuter een van slagoffers in derde noodlottige ongeluk
In die derde noodlottige ongeluk oor die Paasnaweek, het drie mense gesterf.
Drie mense, waaronder ‘n kleuter, het gisteraand gesterf in ‘n ongeluk tussen ‘n trok en voertuig by die Broodsnyersplaas T-aansluiting op die Bethalpad buite Middelburg.
Na wat verneem word het die ongeluk omstreeks 19:00 gebeur.
Drie persone, wat die kleuter insluit, het op die toneel gesterf en drie met ernstige beserings is afgevoer hospitaal toe. Die toneel was teem 22:30 opgeruim.
Dit is die derde noodlottige ongeluk sedert Donderdag op die paaie in die Middelburg en Belfast omgewing.
Donderdagmiddag het vyf mense gesterf in ‘n ongeluk op die N4 by Berg-en-Dal, net buite Belfast. ‘n Sesde persoon het ure later aan ernstige beserings beswyk.
Die verkeer het vir ure stilgestaan terwyl die toneel opgeruim is.
Lees ook: Video: Gestrand op die N4 – vrou vertel van ure op die pad na ongelukke en kansvatters wat nie wou wag nie
Gisteroggend is twee mense dood en 13 beseer in nog ‘n ongeluk op die N4, sowat 2km vanaf die Middelburgdam. ‘n Taxi het die pad verlaat en teen die skuinste afgerol.
Lees ook: Two people die, 13 seriously injured in second accident on N4
