News

Diewe selfde nag bedrywig in Kanonkop en Dennesig

In dieselfde nag wat inbrekers probeer het om ’n venster uit te haal om in te breek in Dennesig, is daar ook wiele in Kanonkop gesteel.

Booswigte het Donderdag in die vroeë oggendure nie net toegeslaan in Dennesig nie, maar ook in Kanonkop!

Daar is laat verlede week berig oor die poging tot inbraak by ’n huis in Harry Gwalastraat. As die huurder in die woonstel nie wakker geword en by die venster uitgekyk het nie, sou die inbrekers by die venster ingeklim het. Die venster was reeds bykans heeltemal losgewoel toe die huurder wakker geword het. Die boewe het laat spaander toe hy by die venster uitkyk.

Lees ook: Video: Burglars damage palisade gate and window

Intussen is verneem dat wieldiewe daardie selfde nag toegeslaan het in Kanariestraat, Kanonkop.

Die gesin (wat verkies om anoniem te bly) het pas bevestig dat twee van hul voertuie, ’n Kia Picanto en ’n Toyota Etios, se wiele deur die loop van die nag gesteel is. Die man het kort voor 04:00 Donderdag, toe hy moes ry werk toe, gesien dat die twee voertuie op plaveiselstene staan. Die diewe het, soos met talle ander wieldiefstalle, die plaveiselstene in die erf gebruik om die voertuie daarop staan te maak.

Alvier die Toyota Etios se wiele is gesteel.
Die Kia Picanto se wiele is ook gesteel en is die kar staan gemaak op plaveiselstene.

Die polisie het aan hulle genoem dat daar dieselfde nag ook wiele in Aerorand gesteel is.

Dit is die soveelste voorval waar wiele gesteel word. Net ’n week vantevore is ’n voertuig se wiele in Colleylaan (Dennesig) gesteel en het hekmotors by ander adresse in Colley- en Bullerstraat verdwyn.

Lees ook: Wiele en hekmotors in Dennesig gesteel

’n Maand voor laasgenoemde diefstalle in Dennesig is daar ook vyf hekmototdiefstalle aangemeld in Buller-, Danie Theron- en Melrosestraat.

  • As jou voertuig se wiele gesteel word of jy weet van enige ander misdaad wat jy onder die aandag van die gemeenskap wil bring, skakel die Observer by 013 243 1434, of stuur ’n WhatsApp na 072 248 3855 of stuur ’n e-pos aan die nuusredakteur, Daleen Naude, by daleen@mobserver.co.za.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button