Die trok wat van agter af in 'n ander trok vasgery het. Die trokdrywer is ernstig beseer. FOTO: Verskaf.
Net etlike kilometers van waar daar vier dae gelede een trok van agter af in ‘n ander trok vasgery het, het daar vanoggend ‘n soortgelyke ongeluk plaasgevind op die N4.
‘n Trokdrykwer is ernstig beseer nadat hy van agter af in ‘n ander trok vasgery het op die N4 net na die Arnot afrit (rigting Belfast). Die ongeluk het omtreeks 03:30 plaasgevind en is die beseerde vragmotorbestuurder reeds per ambulans hospitaal toe geneem.
Die skade aan die agterste trok. Die ongeluk het net na die Arnot afrit plaasgevind op die N4. FOTO: Verskaf.
Louwtjie Swart is nog saam met die polisie op die toneel en het laat weet dat die stadige baan nog sowat twee ure versper sal wees.
Die stadige baan gaan nog sowat twee ure versper wees. FOTO: Verskaf.Al die nodige dienste, waaronder die polisie, brandweer en insleepdienste is op die toneel. FOTO: Verskaf.Die skade aan die voorste trok. FOTO: Verskaf.
* Donderdagoggend is ‘n ander trokdrywer ook ernstig beseer toe hy met sy trok van agter af in ‘n ander trok vasgery het op die N4 tussen Alzu Petroport en Woestalleen.
Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express.
In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career.
As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.