News

Trokdrywer ernstig beseer in ongeluk op N4

'n Trokdrywer is ernstig beseer in 'n ongeluk tussen twee trokke op die N4.

Verkeer was laasnag vir ‘n geruime tyd gedeeltelik ontwrig op die N4 tussen die Alzu Petroport en Woestalleen na ‘n ongeluk omstreeks 23:00 tussen twee trokke.

Na wat verneem word het een vragmotor van agter af in ‘n ander vragmotor vasgery (Belfast se rigting). Die bestuurder van die agterste vragmotor het ernstige beserings opgedoen en is per ambulans hospitaal toe geneem.

  • Met die impak van die slag, het ‘n groot hoeveelheid sakke mieliemeel van die voorste trok se vrag, in die pad beland.
  • Die ongeluk het in die stadige baan gebeur en kon voertuie tydens die skoonmaakproses gelukkig steeds by die toneel verbybeweeg

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button