News

Oog op die oggendverkeer en ander probleme op paaie

Een persoon is dood in 'n ongeluk laasnag net buite Belfast.

‘n Man is dood en verskeie mense hospitaal toe geneem in ‘n ongeluk by die Wonderfontein/Carolina kruising op die N4.

Na wat verneem word het die ongeluk tussen ‘n dubbelkajuit bakkie en ‘n VW Polos laasnag omstreeks middernag plaasgevind.

• Inwoners van Clubville moet daarop let dat alhoewel die hoek van Hobson- en Robertsonstraat oopgemaak is, die padoppervlak nie baie stabiel is nie. Herstelwerk aan die pad sal hierdie week begin.

Gerrie du Toit se voertuig het Vrydagoggend weggesak in die pad op dié hoek nadat ‘n sinkgat onder die teeroppervlak gevorm het weens ‘n gebarste pyp.

Lees ook: ‘Ry nog, toe sak pad net in’ – man vertel van sinkgat

Rdl. Elsie Vermooten was vanoggend daar en het motoriste wat in daardie area ry vanoggend weer gewaarsku om die area te vermy tot die pad reggemaak is. Die area was oor die naweek afgesper, maar is oop vir verkeer.

Lees ook: Video: Pad waar voertuig in sinkgat beland het, tydelik gesluit

• Motoriste het laat weet dat buiten druk verkeer, daar nie tans enige probleme op die ou N12, N4, Middelburg/Witbankpad, Vandyksdrifpad, Stoffbergpad en Loskopdampad tot by Doornkop is nie.

• As jy weet van enige ongelukke, slaggate of ander probleme wat verkeer beïnvloed, skakel of stuur ‘n WhatsApp met kort beskrywing en foto of video (indien moontlik) na 072 248 3855.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button