News
Baba Alexander se begrafnis ten volle betaal
Baba Alexander se familie kan, danksy die hulp van ons omgee gemeenskap, sy roudiens finaliseer.
Ernest Viljoen, of Slim soos hy onder vriende bekend is, het vanoggend bevestig dat die R4 000 wat gister uitstaande was, deur barmhartige samaritane betaal is.
Alexander se hartjie het kort na die noodkeiser gaan staan.
Die Middelburg Observer het twee keer ’n beroep op die gemeenskap gedoen om by te dra tot die begrafnis, en die R9 500 is vinnig ingesamel.
Volgens Slim het familielede saam die R5 500 gedek en is die uitstaande R4 000 wat gister nog gekort het, deur die gemeenskap betaal.
• Daar is van se ver as Amerika aangebied om die gesin te help met begrafniskostes.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!