News
Skokdraad niks vir Kees se kind
’n Bobbejaan wat wild rondhardloop in Aerorand was seker teleurgesteld toe hy sien dat daar nie regtig ’n kloof in Baviaanskloof is nie.
Inwoners in Aerorand het die Middelburg Observer laat weet van ’n bobbejaan in ’n erf in Baviaanskloof.
Hy het verspot-maklik oor die skokdraad oor die muur geklouter.
Die dier het egter geskuif en beweeg rond in die area.
Persone wat die bobbejaan gewaar kan die Middelburg Observer kontak op 072 248 3855. As jy hom sien en jy kan ’n foto of video neem, stuur dit ook vir ons!
Inwoners moet egter nie die bobbejaan nader nie, aangesien dit ’n wilde dier is en moontlik sal byt as hy bedreigd voel.
• Die Middelburg DBV moet ook dadelik geskakel word met inligting oor waar die bobbejaan is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
