News

Video: Oog op die oggendverkeer en ander probleme op paaie

Hier is jou inligtingsgreep om seker te maak waar jy ry, is daar nie enige ernstige insidente of obstruksies op die paaie nie.

Middelburgers moet daarop let daar daar nie net slaggate is wat verkeer kan ontwrig nie, maar ook herstel- en instandhoudingswerk.

Gister is daar begin met werk in Walter Sisulustraat vanaf Van der Merwe tot by Hobsonstraat en is die pad gedeeltelik gesluit.

Die Steve Tshwete Munisipaliteit het ‘n kennisgewing uitgestuur met die datums wanneer en waar daar aan die paaie gewerk gaan word.

Rdl. Elsie Vermooten het laat weet dat herstelwerk op die hoek van Hobson- en Robertsonstraat byna voltooi is. ‘n Voertuig het vasgesit nadat ‘n klein sinkgat gevorm het na ‘n pypbars onder die padoppervlak. Die gat is daarna met grond opgevul.

@middelburgobserver

The bumpy section of road at the corner of Hobson and Robertson Street in Clubville, where a small sinkhole formed and a car became stuck due to a burst pipe beneath the tar surface, is now almost fully repaired by the Steve Tshwete Municipality.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Inwoners meld dat daar slaggate is in Soutpansberg tussen die Athlonedam en Aerorand Skool en Jeppestraat in Mineralia tussen Chroom en Frank Bathstraat.

Daar is nie enige ernstige insidente of probleme op die paaie (N4, Stoffbergpad, ou Middelburg/Witbankpad) aangemeld nie. TRACKN4 het wel vroeg vanoggend op WhatsApp-groepe ‘n kennisgewing uitgestuur dat daar ‘n trok staan in die stadige baan tussen die Machadodorp Tolhek en die Machado-weegbrug.

  • As jy weet van enige ongelukke, mis, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ‘n WhatsApp (met ‘n foto of video, indien moontlik) na 072 248 3855.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button