News
Hekmotordiewe slaan weer toe in Kanonkop!
Hekmotordiewe het hulle die afgelope paar weketoegespits op Gholfsig en Kanonkop.
Vanoggend in die vroeë oggendure is daar binne minute weer twee hekmotors in Kanonkop gesteel.
Inwoners is op WhatsApp noodgroepe gewaarsku dat daar twee hekmotors kort na mekaar omstreeks 03:00 in Kanarie- en Kameeldoringstraat gesteel is.
Dit volg presies ‘n week nadat daar verlede Dinsdag (22 Julie) omstreeks 02:00 twee hekmotors ook binne letterlik twee minute in Van Wyk Louw- en AG Visserstraat in Gholfsig gesteel is.
By beide huise was daar kringtelevisiekameras en is dit duidelik dat dit dieselfde groep is, aangesien een van die diewe wit tekkies gedra het.
- Daar is verlede Woensdag tydens die kragonderbreking ook ‘n hekmotor in Proteastraat gesteel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!