Video: Ten minste sewe hekmotors laasnag gesteel!
Diewe het deur deur die loop van die nag verskeie hekmotors gesteel.
Hekmotordiewe het laasnag voor die voet hekmotors uit die grond geruk by huise in Kanonkop en Dennesig!
Die Dagpatrollie het op hul groepe vanoggend laat weet dat daar hekmotors (waarvan een net ‘n battery) gesteel is in die volgende strate: Dennesig: Steve Biko-, Buller- (2) en Milnerstraat. Kanonkop: Tambotie-, Maroela- en Proteastraat (laasgenoemde se battery is gesteel).
Dit volg net etlike dae nadat daar Dinsdag in Kanarie en Kremetartstraat (Kanonkop) ook hekmotors gesteel is.

Daar is intussen duidelike kringtelevisiemateriaal gekry van een van die voorvalle hierdie week waar ‘n mens kan sien hoe daar gekarring word by die hekmotor. Wat opmerklik is, is dat die twee diewe balaklawas en handskoene aanhet. Iets het hulle laat skrik, waarna hulle weggehol het.
@middelburgobserver Earlier this week, CCTV cameras caught suspects in balaclavas and gloves stealing a gate motor. Just last night, seven more gate motors were stolen in Kanonkop and Dennesig. Middelburg, be alert, they’re not slowing down!
Tydens hierdie voorval is hulle gepla en het hulle weggehardloop.
‘n Week vantevore is twee hekmotors letterlik binne ‘n minuut uit mekaar uit in Gholfsig gesteel. ‘n Voertuig het vir hulle gewag by beide diefstalle. Een van die twee diewe het wit tekkies gedra.
In wat blyk dieselfde voertuig te wees wat in Gholfsig betrokke was by die hekmotordiefstalle, is op kringtelevisie beeldmateriaal gesien hoe daar ‘n silwer voertuig wegry vanaf die Kamer van Koophandel (MCCI) se parkeerarea nadat ‘n alarm-ogie gesteel is.
