Video: Een baan toe in Kranspoortpas!
Motoriste moet daarop let dat daar een baan toe is in Kranspoortpas.
’n Groot gedeelte van die linker-afbaan in Kranspoortpas is tans toe en word padgebruikers gemaan om stadiger te ry.
Trokdrywer Wynand Spencer het deur die pas gery en gesien dat die linker-afbaan toegemaak is vanaf die eerste sandput tot by die Avontuur uitdraai.
@middelburgobserver Kranspoort Pass alert! Left downhill lane is closed from the first arrestor bed to Avontuur turn-off. Slow down, only right lane open at this stage.
Verkeer kan beïnvloed word, aangesien trokke ook in die regterbaan moet afry.
Hy het opgemerk dat daar nog swaelsakke lê in die pas waar daar op 19 Julie ’n ernstige ongeluk was. Daar is ook nog wrakstukkies op die padoppervlak waar daar verlede Donderdag een persoon gesterf het tussen twee trokke en ’n bakkie. Een van die trokdrywers is oorlede.
