News

Wreedaards vergiftig weer honde in Kanonkop en Dennesig

Inwoners van Kanonkop en Dennesig moet lig slaap, want gifstrooiers wat honde teiken, het laasnag in Kanonkop én Dennesig toegeslaan.

Vier honde is laasnag vergiftig!

In Harry Gwalastraat (Dennesig) is drie van die Joubert-gesin se honde vergiftig.

“Dis verskriklik, daai gesig as jy buite kom en hulle lê daar dood!” het Hanlie Joubert magteloos kwaad uitgeroep.

Sy het hartseer gesê dat alhoewel hul honde kwaai was, hulle nog nooit iemand gebyt het nie. “Hulle het ons net beskerm!”

Haar hart breek as sy dink hoe wreed Beer, Buffy en Covi dood is. Dit is ’n Shar Pei,, ’n staffordshire en ’n Duitse Herdershond. Beer en Buffy het elke oggend saam met Willow, haar kleindogter, skool toe gery.

Covi, die Duitse herdershond, was baie liefdevol. Foto: Verskaf.
Willow Joubert en Buffy, die staffordshire, wat laasnag een van die gesin se drie honde was wat vergiftig is. Foto: Verskaf.

 

In Wag n Bietjiestraat (Kanonkop) is Tyson, ’n Skotse skaaphond (border collie), vergiftig.

Tyson is in Wag ’n Bietjiestraat vergiftig. Foto: Verskaf.

Belinda Vorster sê hulle het dié vriendelike hond maar twee weke gelede eers gekry toe sy eienaars oorsee is. “Hy het gehou van cuddle en drukkies en was baie liefdevol.”

Vroeg in Agustustus is drie staffordshire honde in Proteastraat (Kanonkop) vergiftig.

In Augustus is drie staffordshire honde in Proteastraat vergiftig. Foto: Verskaf.

 

Honde word gewoonlik met die dodelike korrelrige Temik, ook ‘Two-Step’ gif genoem (weens die vinnige werking( vergiftig).

Die korrelrige Temik-gif waarmee honde gewoonlik vergiftig word. Foto: Observer argief.

Deur die jare is daar letterlik al tientalle honde in Middelburg vergiftig. In die meeste gevalle is die honde in die omgewing vergiftig om stil te maak om motorfietse te steel.

  • As jou honde vergiftig is of jy weet van enige ander misdaadverwante voorvalle in jou area, stuur vir ons ’n WhatsApp na 072 248 3855, sodat ons die gemeenskap kan inlig waar die brandpunte is.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button