News

Voertuig bars deur woonstelmuur

Die inwoners van 'n woonstelblok is letterlik wakker geskud toe 'n voertuig deur 'n muur gebars het.

Huurders van woonstelle in Groenkol het byna van hul beddens afgeval met ‘n hengse slag toe ‘n voertuig in die vroeë oggendure deur ‘n muur gery het.

Na wat verneem word het die ongeluk omstreeks 02:45 op die hoek van Marico- en John Magagulastraat gebeur.

‘n Landrover het opgery in Hoogstraat en waar die straat verander in Maricostraat deur ‘n woonstelblok se muur gebars.

Met insleepdienste en die polisie se aankoms op die toneel, was die bestuurder van die voertuig nie meer daar nie. Daar is riemtelegramme dat hy moontlik met ‘n privaat voertuig na ‘n hospitaal geneem is vir behandeling. Ander bronne het gemeld dat hulle ‘n man kort na die ongeluk sien wegloop het vanaf die toneel.

Met die polisie en nooddienste se aankoms op die toneel, was die bestuurder van die voertuig reeds weg. Foto: Verskaf.
    • As jy weet van enige ongelukke of ander probleme op paaie, soos groot slaggate, stuur ‘n WhatsApp boodskap (met foto of video, indien moontlik) na 072 248 3855.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button