News

Mandy draai die klok jare terug…

Twee spruite voltooi driekamp saam met ma.

Mandy Blunden het die klok Saterdag 33 jaar terug gedraai, toe sy die Jozi-driekamp voltooi het.

Die gewilde netbal onnie van Hoërskool Middelburg het 33 jaar gelede aan haar laaste byeenkoms deelgeneem.

Omdat haar twee kinders, Divan van der Westhuizen en Mashé Hattingh, deesdae entoesiastiese driekampers is, het sy besluit om ook weer in te skryf.

Sy het aan die “super sprint” deelgeneem (200m swem, 10km fietsry, twee kilometer draf)  en eerste in haar ouderdomsgroep geëindig en 46ste uit die 58 deelnemers.

Mashé het aan die “sprint” deelgeneem (750m swem, 20km fietsry en vyf kilometer draf) en eindig tweede in haar ouderdomsgroep  en 52ste uit 73 deelnemers.

Divan het die langste van die fietsry, draf en swem afdeling , die standaard (1,5km swem, 40km fietsry en 10km draf), aangedurf en behaal ’n 85ste plek  uit 152 deelnemers. Hy was sewende in sy ouderdomsklas.

Meneer Ysterman, Cobus Fourie, het ook aan die driekamp deelgeneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button