News

Drie vroue en seuntjie sterf in gru-ongeluk op N11

Vier mense, waaronder 'n kind, het vanoggend in 'n ongeluk op die N11 gesterf.

Drie vroue en ‘n kind is dood in ‘n ongeluk net na 11:00 vanoggend op die N11, tussen Doornkop en die afdraai na De Voetpadkloof.

Na wat verneem word het ‘n Toyota Avanza die pad verlaat en gerol en het die vroue en seuntjie op die toneel gesterf. ‘n Jong seun is ernstig beseer en per ambulans hospitaal toe geneem. Nog ‘n kind en die bestuurder van die voertuig (‘n man) het ligte beserings opgedoen.

Een van die omstanders (wat anoniem wil bly) vertel dat daar sewe mense, drie vroue, ‘n man en drie kinders in die voertuig was.

“Dit was ‘n verskriklike traumatiese toneel!”

Familie van die oorledenes het opgedaag by die toneel en het hartseer bly staan tot hul geliefdes deur die forensiese span weggeneem is.

Die ongelukstoneel op die N11 vanoggend waar drie vroue en ‘n seuntjie gesterf het. Foto: Verskaf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button