News

Video: Kar beland op dak in rivier na agterwiel bars

'n Voertuig het vroeër vandag in 'n rivier beland nadat 'n agterwiel gebars het.

Was dit nie vir ooggetuies van ‘n ongeluk waar ‘n voertuig in die rivier op die R35 beland het nie, sou twee vroue waarskynlik verdrink het.

Oogetuies het later vertel dat hulle gesien het hoe die Mazda CX3 se agterwiel bars op die Bethalpad, die voertuig beheer verloor en net voor die brug naby Brian”s Tyres oor die kant stort. Die voertuig het op sy dak in die river beland. Die ongeluk het omstreeks 13:00 plaasgevind.

Die voertuig se wiele was net-net sigbaar vanaf die pad. Op die foto begin die insleepdienste om die voertuig uit die water te trek. Foto: Verskaf.

Twee motoriste wat alles sien gebeur het, het gestop en afgehardloop na die toneel, waar dié twee helde die twee vroue uit die voertuig gehelp en ondersteun het tot ‘n ambulans en die insleepdienste opgedaag het.

Die voertuig terwyl dit opgetrek is op die trok. Die twee insittendes van die voertuig is per ambulans hospitaal toe geneem. Foto: Verskaf.

 

 

@middelburgobserver

Two brave men jumped into action after a Mazda CX3 landed upside down in a river on the R35, Bethal road near Brian’s Tyres. The driver lost control after a tyre burst and if it weren’t for these heroes, the two women trapped inside could have drowned. HeroesAmongUs, Middelburg, BethalRoad, Accident, LocalHeroes

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Die kar is ‘n totale wrak. Was dit nie vir twee helde nie, sou die insittendes verdrink het terwyl die voertuig nog op sy dak in die rivier gelê het. Foto: Verskaf.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button