News

Fietsryer ernstig beseer tydens RideJoburg wedren

Valhelm keer dat vrou ernstige hoofbeserings opdoen.

’n Fietsryer is gister so ernstig beseer tydens die RideJoburg fietswedren deur die strate van die stad, dat sy vanoggend plastiese sjirurgie moet ondergaan.

Maggie Smit (42) word in die Netcare Garden City-hospitaal behandel.

Sy het sowat vyf kilometer na die wegspring geval en onder andere haar neus gebreek, haar bolip het gate in, daar is ’n gat in haar kop waar haar valhelm haar beseer het en sy het krake aan haar pelvis.

Nadat sy geval het, het sy haar bewussyn verloor en dit eers weer in die ambulans herwin.

Haar man, Johnny, is Woensdagaand gekies as die nuwe voorsittter van Middelburg Fietsryklub in die plek van Jaap Beyers.

Tot dusver kon niemand vir hom sê hoe Maggie geval het nie.

Nog ’n fietsryer word in Garden City met gebreekte ribbes behandel.

Die valhelm.

Dit blyk dat twee fietsryers se handvatsels aan mekaar geraak en hulle toe neergeslaan het. Maggie het waarskynlik oor hulle geval.

Sy word tans onder sterk verdowing gehou met haar man en twee kinders aan haar sy.

Johnny sê hy het in die Q-bondel weggespring en het gesien daar is boodskappe op sy selfoon, maar omdat dit van vreemde nommers af is, het hy dit nie beantwoord nie.

Hy het self ’n moeilike dag in die saal beleef en vir die eerste keer tydens ’n wedren erg met krampe gesukkel.

So erg dat hy 12 kilometer van die einde af van die fiets moes klim om die krampe te probeer uitstap.

Eers by die eindpunt moes hy hoor sy vrou het nie die wedren voltooi nie.

Hy het toe die boodskappe gesien dat sy geval het en na die Garden City-hospitaal afgevoer is.

Omdat sy voertuig drie kilometer van die eindpunt parkeer was, was dit ’n verdere stryd om met die krampe tot daar te kom.

’n Foto van Maggie se helmet wys dat sy waarskynlik ernstiger beserings sou opdoen, indien sy nie ’n goeie gehalte valhelm opgehad het nie.’

  • Stephan Jordaan, oud onderwyser, het ’n klompie jare gelede ’n ernstige hoofbesering tydens dieselfde wedren opgedoen, nadat hy op sy kop geval het.

Hy was vir weke in die hospitaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button