’n Droomseisoen met die fluitjie!
Die oud Hoërskool Kanonkop leerling, Excellent Mnkomo, het die beste seisoen van sy kort skeidsregter loopbaan gehad en is die naweek welverdiend aangewys as die Limpopo Blou Bulle Skeidsregtersvereniging se skeidsregter van die jaar.
Toeskouers by die 2025 Cravenweek wat by Hoërskool Middelburg aangebied is, sal veral sy skitterende hantering van moeilike wedstryde onthou.

Hy was die jaar in aksie by internasionale skole- en klubwedstryde, die interskole tussen St. Johns en St Georges in Zimbabwe, Afdeling een se Noordvaal eindstryd, Suid-Afrikaanse Skole teen SA Skole A en het die hoofvoorwedstryd tydens die Cravenweek hanteer.
Behalwe vir die groot eer om as skeidsregter van die jaar aangewys te word, ontvang hy ook die toekenning vir beste prestasie en die skeidsregters se skeidsregter van die jaar toekenning.
Hy is deesdae ’n onderwyser by Hoërskool Ben Viljoen op Groblersdal.
