NewsSport

“Oom Frik” word 90 en rooi tapyt word uitgerol

Loftus huldig sy liefling rugbyspeler

Suid-Afrika se rugbyspeler van die eeu, Frik du Preez, word op 28 November 90 jaar oud en die Blou Bulle Rugby-unie, gaan die rooi tapyt uitrol om die groot geleentheid te vier.

Blou Bulle president, Willem Strauss, sê daar gaan groot  makietie gehou word by Loftus Versfeld.

Daar gaan nie net op 28 November partytjie gehou word nie, maar ook die volgende dag, wanneer die Bulle teen die Leeus op Loftus speel in ’n verenigde rugby kampioenskap wedstryd.

Rustyd

Tydens rustyd gaan daar verskeie aktiwiteite wees om die langslewende Springbok se verjaardag spesiaal te maak.

Terselfdertyd gaan die Blou Bulle die Suid-Afrikaanse klubkampioene, Naka Bulle, se oorwinning vier.

Naka Bulle het hierdie jaar hulle derde titel in ’n ry ingepalm.

Frik du Preez woon steeds wedstryde by Loftus by en sal altyd onthou word vir sy heldedade in Curriebeker eindstryde.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button