LifestyleNewsSport

Weer tyd om dorp se strate te versier met flitsende fietse

Liggierit spring Vrydag by Hervormde Kerk weg

Laat daar lig wees… en toe is daar liggies én fietse.

Middelburg Fietsryklub se kleurryke parade deur die dorp se strate, die liggierit, vind weer Vrydag, 21 November 2025, plaas.

Dit  begin om 18:30 by die Hervormde Noord Gemeente in Vygiestraat.

Daar gaan 15 kilometer deur Kanonkop en Dennesig se strate afgelê word.

A group of cyclists at dusk, featuring a child and an adult on bikes adorned with colorful LED lights. The scene conveys excitement and community.
Hein Koch en sy kleinseun Luhan by ’n vorige liggierit

Fietsryers tooi hulle fietse die aand op in flitsende liggies wat vir ’n aanskoulike skouspel sorg.

Boonop baat die dorp se kinders elke jaar by die poging.

Hierdie jaar is dit uMephi-huis in Aerorand wat die begunstigdes is.

Babaprodukte van enige aard kan na die wegspring geneem of vooraf by B2 Cycleworks  afgelaai word.

Die huis het oor die jare  ’n veilige hawe geword vir weggooi babatjies.

TIKTOK VIDEO: Dit is weer tyd om die dorp se strate met fietse in te kleur

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button