NewsSport

SPORT: Tromp triomfeer vir Suid-Afrika

MIddelburg se Anja Tromp gaan Desember Suid-Afrika verteenwoordig by o/21 junior hokkie wêreldbeker in Chile.

Middelburg se Anja Tromp is gekies vir die Suid-Afrikaanse o/21 hokkiespan wat vanaf 1–13 Desember aan die FIH vroue junior wêreldbeker in Santiago, Chile, deelneem.

Die jong Suid-Afrikaners stap vir die negende keer die wêreldverhoog binne ná ’n indrukwekkende kwalifiseringsveldtog waarin hulle vroeër vanjaar as Afrika-kampioene gekroon is.

Hokkie, wereldbeker, SA, Suid-Afrika, Tromp, Anja Tromp, Middelburg, Mpumalanga
Trotse Anja Tromp, in haar groen en goud. Foto: Verskaf.

Tromp was in Laerskool Middelburg en het in 2023 aan Hoërskool Menlopark gematrikuleer. Haar hokkie loopbaan het by die The Hockey Farm, net buite Middelburg begin, wat ‘n groot aandeel in haar sukses deel. Sy was van kinderdae reeds ‘n ‘hokkie-bokkie’ en reeds op laerskool vir die Mpumalanga A-span gespeel. Later was Tromp boonop in Hoërskool Menlopark se Eertste Hokkie-span en sy het verskeie kere Mpumalanga verteenwoordig op die Indoor veld. Sy was óók ‘n staatmaker in die Northerns Blues Provinsiale Hokkie-span en die SA Skole O/18 A-span, waar is aangewys was as speler van die toetsreeks.

Hokkie, wereldbeker, SA, Suid-Afrika, Tromp, Anja Tromp, Middelburg, Mpumalanga
Anja Tromp is gekies vir die Suid-Afrikaanse hokkiespan. Foto: Verskaf.

Sy vorm deel van ‘n span wat uit ’n sterk groep sewe terugkerende spelers, insluitend die Olimpiese sterre Paris-Gail Isaacs, Ntsopa Mokoena en Taheera Augousti bestaan. Suid-Afrika is in Groep D saam met Oostenryk, China en Engeland – ’n groep waar ’n vinnige, soliede begin van groot belang is. Die 2025-toernooi spog met 24 spanne, wat beteken dat elke punt gaan tel, om die pad na die uitspeelrondes te laat vorder.

Dié hokkielegende se pad na die Wêreldbeker was verseker nie sonder slaggate nie. Tromp het in 2023 beserings in albei haar voete opgedoen en moes gevolglik skouer aan die wiel sit om haar drome te bewaarheid.

Hokkie, wereldbeker, SA, Suid-Afrika, Tromp, Anja Tromp, Middelburg, Mpumalanga
Tromp se debuut op die internasionale verhoog gaan beslis propvol passie, spoed en tegnieke wees. Foto: Verskaf.

Tromp se reis is reeds ’n reuse triomf, máár haar grootste oorwinnings lê waarskynlik nog voor. Al die aksie – insluitend. Haar debuut op die internasionale verhoog – sal regstreeks op Watch.Hockey gestroom word.

Verdere besonderhede word binnekort bevestig.

world cup hockey, chile, sa, anja tromp, under 21, south africa,  middelburg
Tromp vorm deel van die dinamiese span wat binnekort hul vernuf in Chile gaan wys. Foto: Verskaf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Carmia Jansen van Vuuren

Carmia is an up-and-coming junior journalist at the Middelburg Observer. She has a burning passion for creative writing and poetry. She is a qualified language educator but fiercely enjoys the challenges that writing and reporting offer. Her focus spreads over different fields, including human interest, hard news, investigative reporting, and sports.
Back to top button