News

GEMEENSKAP: Middelburg voëlkykers en fotograwe vlieg hoog

Plaaslike fotograwe vier rare waarnemings, voëlkykers kry ook lewenslesse. Die afgelope jaar het verskeie van Middelburg se passievolste ‘birders’ uitsonderlike stories en prestasies huis toe gebring.

Met waarnemings wat wissel van rare spesies tot ongelooflike oomblikke van deursettingsvermoë, plaas voëllewe fotograwe se lense op ons ryk biodiversiteit.
Die afgelope jaar het verskeie van Middelburg se passievolste ‘birders’ uitsonderlike stories en prestasies huis toe gebring.

Izelle Bekker: ‘n Eerste vir die streek en ‘n BirdLasser kampioen

Izelle Bekker het oorspronklik ‘n kamera aangeskaf om haar kinders se sport vas te vang. Toe hulle skool verlaat, het sy besluit om ‘n koffietafelalbum van die dierelewe op Kranspoort te skep.

Aanhangers van haar werk, sal instem dat dié besluit, ‘n goeie een was. Sy het in 2022 ‘n Bandkeelvink in ’n droë boom voor haar huis afgeneem. Sy sê: “Toe ek my foto’s edit, sien ek eers hoe mooi hulle is, want ek het dit totaal en al gemis met die blote oog.”

Birdlasser, birding, fotograaf, voelkykers, mpumalanga, middelburg, kranspoort, Suid-Afrika, Rare birds, Loskop, natuur
Izelle Bekker. Foto: Verskaf.

Izelle het die gemeenskap behoorlik laat regop sit toe sy in 2024 ‘n Lark-like Bunting naby Hondekraal, op die westelike grens van Loskop Natuurreservaat, afgeneem het. Dit was ‘n eerste vir die Middelburg 50km-sirkel, ‘n merkwaardige oomblik.
Haar BirdLasser-deelname toon haar toewyding aan natuurbewaring. Sy het 325 spesies aangeteken, ‘n tweede plek op die Middelburg 50km-leierbord behaal in 2024 en ‘n beduidende bydrae tot streeksbewaringspogings gelewer.

Birdlasser, birding, fotograaf, voelkykers, mpumalanga, middelburg, kranspoort, Suid-Afrika, Rare birds, Loskop, natuur
Izelle Bekker se reis het met die Bandkeelvinke begin. Foto: Izelle Bekker.

“Vir beide beginners en gesoute Twitchers is die BirdLasser App (Toep) ’n ongelooflike manier om nie net jou waarnemings te deel nie, maar ook iets terug te gee aan bewaring en die natuur,” verduidelik sy.

Die Swartaasvoël is een van haar gunsteling voëls, maar uit ‘n fotograaf se oogpunt geniet sy die uitdaging om roofvoëls af te neem. Sy het in die afgelope drie jaar, 600 voëltjies gesien, waarvan sy 597 op foto kon vasvang.

Birdlasser, birding, fotograaf, voelkykers, mpumalanga, middelburg, kranspoort, Suid-Afrika, Rare birds, Loskop, natuur
Een van die pragtige voëls wat Izelle Bekker onlangs gekiek het.

Willie en Marieta ‘Skhokho’ Swanepoel: Die les van die Pipit

Tydens ‘n besoek aan Mkhombo-dam het die Swanepoels nie net ‘n foto geneem nie – hulle het ‘n diep lewensles beleef. Marieta het ‘n klein African Pipit raakgesien met ‘n gestremde regterbeen. Wat gevolg het, was ‘n stil oomblik van bewondering. “Hy het gehuppel, gehop en sy dag aangepak asof niks fout is nie. Geen spyt, geen struikel – net aanpas, oorleef en aangaan.”

Birdlasser, birding, fotograaf, voelkykers, mpumalanga, middelburg, kranspoort, Suid-Afrika, Rare birds, Loskop, natuur
Marieta en Willie Swanepoel. Foto: Verskaf.

Dié ontmoeting het die paartjie herinner dat die veld se grootste wysheid dikwels in die kleinste pakkie voorkom. Veerkragtigheid, deursettingsvermoë en die kuns van hardkoppigheid nét om ‘n nuwe ritme te vind.

Birdlasser, birding, fotograaf, voelkykers, mpumalanga, middelburg, kranspoort, Suid-Afrika, Rare birds, Loskop, natuur
Een van Marieta en Willie Swanepoel se gunstellinge, die Swartborsslangarend. Foto: Willie Swanepoel.

Peter Cavanagh: Die soeke na die Baard-Aasvoël

Peter Cavanagh se lens vertel al sedert 1986 stories, maar sy hart klop steeds wild vir een spesie: die Bearded Vulture (Baard-aasvoël) – ‘n seldsame, bedreigde roofvoël.

Birdlasser, birding, fotograaf, voelkykers, mpumalanga, middelburg, kranspoort, Suid-Afrika, Rare birds, Loskop, natuur
Peter Cavanagh. Foto: Verskaf.

Op die rand van die beroemde uitkykpos by Giant’s Castle in die Drakensberg, wag fotograwe ure lank vir daardie majestieuse sweefslag. “Dis ‘n een-in-‘n-leeftyd oomblik,” sê hy.

Birdlasser, birding, fotograaf, voelkykers, mpumalanga, middelburg, kranspoort, Suid-Afrika, Rare birds, Loskop, natuur
‘The Challenge’. Foto: Peter Cavanagh.

Ná 24 jaar in voëlfotografie is sy passie vir hierdie bedreigde reus ver van flou.

Birdlasser, birding, fotograaf, voelkykers, mpumalanga, middelburg, kranspoort, Suid-Afrika, Rare birds, Loskop, natuur
Peter Cavanagh se gunstelling, die Baard-Aasvoël. Foto: Peter Canavagh.

Estie le Roux: Die juweel van die Woodland Kingfisher

Birdlasser, birding, fotograaf, voelkykers, mpumalanga, middelburg, kranspoort, Suid-Afrika, Rare birds, Loskop, natuur
Estie Le Roux. Foto: Verskaf.

Vir Estie le Roux is elke waarneming ‘n hoogtepunt, maar een toring bo al die ander uit, die Woodland Kingfisher.

Sy het die voël in Mei vanjaar in St. Lucia afgeneem tydens ‘n uitstappie saam met die Middelburg Voëlklub.

Birdlasser, birding, fotograaf, voelkykers, mpumalanga, middelburg, kranspoort, Suid-Afrika, Rare birds, Loskop, natuur
Die Manglietvisvanger is een van Estie le Roux se gunstellinge. Foto: Estie le Roux.

Met sy ikoniese, kenmerkende roep en helderblou vlerke is dit ‘n spesie wat ‘n mens altyd sal bybly. “Onvergeetlik,” som sy haar ervaring op.

Middelburg Voëlklub: Die krag van die gemeenskap

Die klub het tydens onlangse uitstappies bevestig waarom Middelburg se voëlkykers en fotograwe so ‘n gewaardeerde teenwoordigheid in natuurkringe is. Die hoogtepunt was die uiters skaars African Finfoot (Watertrapper) binne die klub se eerste paar minute in die reservaat.

Birdlasser, birding, fotograaf, voelkykers, mpumalanga, middelburg, kranspoort, Suid-Afrika, Rare birds, Loskop, natuur
‘n Edelvalk. Foto: Izelle Bekker.

Hierdie toere, wat onder meer die Loskop-reservaat via Hondekraal ingesluit het, skep ‘n vol sirkel van avontuur en natuurontdekking.

Birdlasser, birding, fotograaf, voelkykers, mpumalanga, middelburg, kranspoort, Suid-Afrika, Rare birds, Loskop, natuur
‘n Nataljanfrederik wat ‘n lid van die Middelburg Bird Club afgenem het. Foto: Izelle Bekker.

Middelburg se unieke ekologiese mengsel van plase, damme, reservate en oop vlaktes, skep ‘n voëlparadys. Van beginners tot ervare fotograwe – híér kry elkeen sy spesie, sy storie en sy sensasionele oomblik.

Die voëlkykersgemeenskap wys keer op keer: as jy nét stadig genoeg kyk, wys die veld vir jou sy geheime.

Birdlasser, birding, fotograaf, voelkykers, mpumalanga, middelburg, kranspoort, Suid-Afrika, Rare birds, Loskop, natuur
Die asemrowende Swartsperwer. Foto: Willie Swanepoel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Carmia Jansen van Vuuren

Carmia is an up-and-coming junior journalist at the Middelburg Observer. She has a burning passion for creative writing and poetry. She is a qualified language educator but fiercely enjoys the challenges that writing and reporting offer. Her focus spreads over different fields, including human interest, hard news, investigative reporting, and sports.
Back to top button