Steve Hofmeyr se lof besing in vierde episode van “Wanneer die stilte breek”
"Die man sonder die masker met ’n groot hart"
Daar is ’n hele paar Afrikaanse sangers wat nie hierdie jaar na Wynand de Villiers se kersboom uitgenooi sal word nie.
Kurt Darren is een van hulle.
Beslis ook nie Afrikaans is Groot se Barry Pretorius nie.
De Villiers en Darren se openbare geveg het die musiekbedryf aan die gons gehad na die Theuns Jordaan-huldigingskonsert in Amsterdam.
’n Verlies van R2,5 miljoen
Sedertdien het die oud musiek promotor en bekende in fietsry kringe ’n YouTube-reeks begin waarin hy sy kant van die saak stel.
Volgens hom het sy maatskappy ongeveer R5 miljoen aan die konsert bestee en ’n verlies van R2,5 miljoen gely.
Dit is hier waar hy en Darren in ’n stryery betrokke geraak het, omdat hy glo ongeveer R92 000 in betaling wou ontvang vir drie liedjies wat hy tydens die konsert gesing het.
Die twee se verhouding het versuur en die Kurt Darren Ikoon-konsert is gekanselleer.
De Villiers het aangevoer dat Darren se optrede gierig was, terwyl die sanger die bewerings ontken het.
Likwidasiebevel
Ná die konsert is ’n likwidasiebevel, op 22 Augustus in die Kaapse hooggeregshof teen De Villiers se maatskappy, De Villiers National Cycling (Edms.) Bpk. (wat ook as Cool Concerts bekend staan) bekragtig. Dit is deur Murray Lubbe, die eienaar van Hit Factory, ’n produksiemaatskappy, aanhangig gemaak. De Villiers skuld Hit Factory glo sowat twee miljoen rand vir die tegniese produksie van verskeie konserte.
Steve Hofmeyr
De Villiers National Cycling is voorlopig gelikwideer weens die skuld.
Plaaslike fietsryers het hierna duisende rande aan inskrywingsgeld verloor.
Maar dit blyk asof daar een sanger is at wel by De Villiers se kersboom sal wees; Steve Hofmeyr .
Al is die Steve Hofmeyr Ikoon-konsert, wat op 26 Oktober in die DHL-stadion in Kaapstad aangebied sou word, ook gekanselleer.
Daar was toe reeds 5 000 kaartjies verkoop.
Niemand was moeilik nie
Hofmeyr het op sy Facebookblad geskryf: “Tot 48 uur gelede was IKOON Steve Hofmeyr ’n vasgemaakte konsert, maar daar is daarteen besluit. Te veel het verander, te veel vrae, te veel besware en onsekerhede en net te min waarborge. Niemand was moeilik nie, almal het begrip, maar dit is teleurstellend. Dankie Wynand en groot dank aan my gaskunstenaars wat deurentyd lojaal was.”
Wanneer die Stilte Breek
Die vierde episode van die YouTube-reeks besing die lof van Hofmeyr.
“’n Menslike verhaal agter ’n merkwaardige man,” word die epsiode bemark.
“Daar is mense in die Suid-Afrikaanse musiekwêreld wat net name is…
“En dan is daar mense wat hoofstukke is. “In Episode 4 van Wanneer die Stilte Breek vertel Wynand die verhaal van iemand wat al soveel keer oorvertel is — maar selde reg vertel word: Steve Hofmeyr.
“Nie die opskrifte nie.
“Nie die argumente nie.
“Nie die geraas nie.
“Maar die mens.
“Die man sonder die masker met ’n groot hart.”
Lees ook: Net voor die storm vir De Villiers gekom het
Road bike cycling revives after De Villiers debacle