News
Die N4 by Woestalleen is weer oop vir verkeer!
Die N4 naby die Woestalleen afrit is weer heeltemal oop vir verkeer.
Die pad is pas weer oopgemaak op die N4 by Woestalleen waar daar kort voor 17:00 vandag ‘n ernstige ongeluk was waarin drie mense, waaronder ‘n jong kind, gesterf het.
Verkeer het vir ‘n ruk op ‘n slakkegang langs die ongeluk verbybeweeg, waarna die pad vir ‘n ruk gesluit was vir die polisie se forensiese span om hul ondersoek te doen.
Alhoewel die pad nou oopgestel is vir verkeer, word motoriste steeds gemaan om versigtig in die area te ry, aangesien daar druk verkeer op die roete is.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
