Middelburg het nog ’n Proteaspeler opgelewer!
Bianca Lubbe is vroeër vanjaar gekies vir die o/21 Protea netbalspan. Lubbe is ’n Middelburg boorling en oudleerder van Laerskool Staatspresident C.R. Swart en Hoërskool Middelburg, voor sy in 2021 in haar graad nege jaar aangesluit het by die Afrikaanse Hoër Meisieskool, Pretoria.
Volgens Lubbe se ma, Marna, het dié belowende netbalspeler besluit om haar skoolloopbaan by Affi es te voltooi, omdat hulle een van die top netbalskole is, en sy geglo het dit bied haar meer geleenthede.

Kinders word helder oordag in die strate aangeval en beroof. Kommer word ook uitgespreek oor die moordenaars van Douw van der Walt en die vermoorde onderwyser, Mandla Frans Mnisi, wat steeds op vrye voet is.
Die moorde was in dieselfde area waar die kinders beroof is.

Die agterblad van 19 September 2025 waar ons spog met ons dorp se top sportpresteerders!

