NewsSport

Andru is veilig in Bethulie na lang Vrystaatse trap

Na stap paar jaar gelede vir kanker is kolonel daar om oud Affie hoofseun te verwelkom.

Nege jaar gelede het kolonel Anton Crafford en drie van sy vriende duisend kilometer van Bloemfontein af tot in Kaapstad gestap, in ’n kankerinsamelingsveldtog.

Vandag was hy in die strate van die klein Vrystaatse dorpie, Bethulie, waar hy woon, om Andru van Zyl te verwelkom. Andru ry vanaf Polokwane tot in Kaapstad met sy fiets om geld in te samel vir Choc, Childhood Cancer Foundation.

Hy het op Middelburg aangedoen en daarna deur Mpumalanga en toe die Vrystaat getrap op pad na die Kaap.

Andru van Zyl
Andru van Zyl in Bethulie afgeneem. Foto: Verskaf.

Die oud Affie hoofseun het vanoggend vroeg in Smithfield weggespring en tot in Bethulie getrap. Op nuwejaarsdag neem sy tog hom tot op Colesberg en daarna na Middelburg, Nieu Bethesda, Graaff-Reinet en Jansenville.

Die traptog eindig op 22 Januarie in Seepunt.

Kolonel Crafford het saam met kolonel Deon van der Merwe, adjudant offisier Swannie Swanepoel en kolonel Hannes Wentzel van die Vrystaat af tot in Kaapstad gestap om R100 000 in te samel vir die Johlene-projek. Hy was een van die beste forensiese polisiemanne wat die land opgelewer het en het reuse werk in Mpumalanga gedoen om ernstige misdaad op te los.

Lt.kol. Deon van der Merwe, lt.kol. Anton Crafford, ao. Swannie Swanepoel en kol. Hannes Wentzel pak die 1 000 km Kaap toe aan om R100 000 vir Kansa in te samel. Foto: Verskaf.

KYK: https://www.tiktok.com/@middelburgobserver/video/7590067683794652423?is_from_webapp=1&sender_device=pc

@middelburgobserver

KYK: Andru is veilig in Bethulie na lang Vrystaatse trap Oud Affie hoofseun in Bethulie deur kolonel Crafford verwelkom. Lees meer: #MiddelburgObserver #Middelburg #Mpumalanga #CyclingSA

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button