News

KYK: As dennebome kon praat, maar nou kan hulle nie

Hoe kan julle die een met bas (bloed) aan sy hande beloon?

As dennebome kon praat. Dan sou hulle gevra het:
*Wie het toestemming gegee dat ons afgesaag word?
*Waarom het julle toegekyk terwyl ons afgesaag word?
*Hoe kan julle toelaat dat hy met bas aan sy hande, nou daarvoor beloon word?

Dit skreeu ten hemele, na daar waar die afgesaagde stompe toekyk. Inwoners se woede oor die denneplantasie, wat langs die N11 naby Dennesig afgesaag is, word bloot geïgnoreer. Meer skokkend; die man wat die bome afgesaag het, word nou daarvoor beloon. Dennesig raadslid Johan Dyason, sê die munisipaliteit wil nie die bome hê nie en hy het toestemming gegee dat Nico Minnie, van Mineralia, wat die bome afgesaag het, dit gaan verwyder.

Volgens Francois Bekker, wat al vir jare bome afsaag en verwyder, kan so een dennestomp tot R2000 en meer kos. Minnie het ook die denneplantasie in Verdoornstraat afgesaag. Hy het aan die Middelburg Observer gesê dat hy Maandag gaan begin om die bome te verwyder. Indien daar betyds geluister is na ’n Dennesig inwoner, Sal Botha, sou die Dennesig plantasie nooit afgesaag gewees het nie. Hy het raadslid Dyason gekontak wat per stemposboodskap laat weet het daar kom behuising.

@middelburgobserver

The devastation left behind after a tree feller cut down scores of pine trees in Dennesig during the holidays.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

“Daar word huise gebou, die bome moet alles uit, daar word huise gebou en die munisipaliteit het nie geld om die bome te verwyder nie.”
Toe die plantasie byna heeltemal vernietig is, het rdl. Dyaon weer navraag gedoen by die hoof van parke, Daleen Lamprecht, wat bevestig het dat die bome onwettig afgesaag word. Rdl. Dyason het toe na die terrein gery en die werk gestop. Minnie het later aan die Observer gesê “Aubrey van Parke” het vir hom toestemming gegee. Na ’n maand is navrae na die kommunikasie afdeling van die Steve Tshwete Munisipaliteit steeds nie beantwoord nie.

Die vraag is steeds:
*Watter finansiële voordeel kry die munisipaliteit uit die afsaag en verkoop van die bome.
*Die bome was nie vrot en het omgeval soos beweer word nie. Waarom is dit dan afgesaag?
*Wie het toestemming gegee?
*Is daar enige studie gedoen om die afsaag te regverdig?
*Gaan daar enige tugstappe wees teen “Aubrey” wat ongemagtig toegelaat het dat die Dennesig plantasie afgesaag word?

Rdl. Elsie Vermooten, van Gholfsig, het ’n sterk bewoorde brief van ’n inwoner, Petro Steenkamp, ontvang oor die onwettige afsaag van die bome. Sy het vanoggend gesê dat sy ’n amptelike vraag aan die Steve Tshwete Munisipaliteit gaan rig om voorgelê te word by die volgende raadsvergadering.
“Mens kan nie eers ’n boom op jou sypaadjie sonder toestemming afsaag nie,” het sy gesê.

Dit is duidelik dat die munisipaliteit, sy amptenare, sommige raadslede en die kommunikasie afdeling, die houding het van “ignoreer hulle die stof sal gaan lê en almal gaan daarvan vergeet”. Nee, ons gaan nie vergeet nie. As die stompe nie kan praat nie sal die inwoners…

(En dit geld die toegegroeide begraafplaas, die slaggate, die straatligte wat nie werk nie, en die res).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button