KYK: Man op motorfiets vertel van noue ontkoming in Merriespruit vloedwaters
Selfoon, aartappels en knoffelbrood saam gereedskapskis weg gespoel.
Johan Ras se motorfiets brul weer nadat hy gister op die ysterperd deur vloedwaters in die Merriespruit meegesleur is.
Hy was op pad Koppiestraat toe na werk, toe hy van die laagwaterbruggie af gespoel is.
Ras het sowat 200 meter verder uit die water na veiligheid gewaggel.
@middelburgobserver Middelburg Observer chats to Johan Ras who had a narrow escape yesterday after driving over a flooded low-water bridge in Koppies Street, Middelburg. Ras says he has crossed the bridge during floods before, but yesterday the stream was too strong for both him and the motorcycle, which was recovered from the Merry Stream this morning.
Sy motorfiets is vanoggend uit die water getrek waar dit onderstebo in die spruit gestaan het, met die wiele wat net-net bo die wateroppervlak uitgesteek het.
Ras het die motorfiets weer aan die gang gekry, en besluit om die Middelburg Observer se kantore te besoek.
In die video vertel Ras self wat skeefgeloop het.
