Daar gaan ’n Rooi Bul saam met die Bere brul, in die 2026 rugbyseisoen.
Om die waarheid te sê, Hoërskool Garsfontein se Bere gaan nie net met ’n Rooi Bul in sy kraal spog nie, maar met ’n hele paar Blou Bulle.
Die skool het ’n afrigtingspan saamgestel, wat dalk beter met die sukkelende Blou Bulle sal vaar, as wat die huidige afrigtingspan doen.
Boonop het hulle ’n oud Springbok sielkundige nadergetrek, om die jong spelers te inspireer.
Ja, skolerugby is groot.
Hoe groot?
Wanneer die Bokke Jannie du Plessis, Naas Botha, Andries Bekker en Marcell Coetzee, se name op jou afrigtingspan verskyn, dan weet jy dit is groot.
HTS Middelburg se afrigter, Jano Venter, en die “onbekende” Christiaan Gouws van Hoërskool Middelburg sal seker wat wou gee om indrukwekkende afrigtingspan soos die Bere te hê.
Venter het die laaste twee jaar darem met die Rooi Bulle sukses behaal maar Gouws, ’n oud Helpies, gaan van meet af onder druk wees, omdat hy in 2026 in ’n hoër liga speel.
Meet kragte in die Bekerafdeling
Gouws moet in die Bekerafdeling kragte meet teen die einste Garsfontein, Helpmekaar, EG Jansen, Menlopark, Monument, Noordheuwel, Rustenburg en Waterkloof.
Venter pak Kempton Park, Montana, Klerksdorp, Nelspruit, Oos Moot, Transvalia, Wesvalia en Zwartkop.

Maar hoe lyk Garsies se formidabele afrigtingspan?
Daar is twee Middelburgers.
Die oud HTS Middelburg heelagter, Boeboes (Andries) Coetzee, wat ook vir die Leeus en Springbokke uitgedraf het, gaan met skoppe en verdediging help.
Dr Henning Gericke, wat atletiek afgerig het by Hoërskool Middelburg en die Springbokke se sielkundige was toe hulle onder Jake White die rugby wêreldbeker gewen het.
Marinus van der Watt, een van Suid-Afrika se voorste klubrugby-afrigters en driemalige klubkampioen.
Andries Bekker, voormalige Springbok en Vodacom Bulls-afrigter, wat in 2026 as konsultant by die span aansluit.
Blou Bulle agsteman Marcell Coetzee.
Bulle en Leeus voorry Jacques van Rooyen.
Gustav Theunissen is die spanbestuurder.
Lezanne Vermaak die fisioterapeut.
Armand Olivier gaan met kondisionering help.
Die hoofafrigter is Sylvester Booysen.
Die vraag wat ouers seker sal graag sal wil weet.
Wat kos so afrigtingspan?
