News

Middelburg kry sy eie Mighty Men Konferensie

Mans na byeenkoms uitgenooi met "bring jou tent en ’n Bybel..."

Middelburg gaan sy eie Might Men Konferensie aanbied!
Die geleentheid word vanaf 27 Februarie tot 1 Maart op ’n plaas agter Ultra City gehou.
Daar is ’n uitnodiging aan Angus Buchan gestuur om as spreker op te tree, maar hy het nog nie die uitnodiging aanvaar nie.
Buchan het met die Might Men-byeenkomste op sy plaas in Kwazulu-Natal begin en honderde duisende mans en seuns het dit bygewoon.

“Bring jou tent, ’n Bybel en verwagting”

Sprekers wat uitgenooi is, is die 7deLaan akteur Zane Mees, die jong prediker Johandré Potgieter, Pickard Henn en Eugene Genis.
’n Terrein word voorberei waar mans hulle tente kan opslaan en stortgeriewe gaan aangebring word.
’n Verhoog word ook gebou.
Mans word deur die Might Men-groep uitgenooi met: “Bring jou tent, ’n Bybel en verwagting,”
Vrydag en Saterdag se byeenkoms is vir mans met die vroue wat Sondag by hulle aansluit.

A group of men smiling and seated in a row, wearing casual outfits with name tags. The atmosphere is friendly and relaxed, suggesting a social or team event.
Carel Schoultz en die Middelburg Mighty Men-komitee by die Bosveld saamtrek. FOTO: Verskaf.

“Angus gaan sy hoed op jou kop sit”

Een van die organiseerders, Carel Schoultz, sê 10 jaar gelede het ’n vrou al vir hom gesê “Angus gaan sy hoed op jou kop sit”.
Na ’n gebedsessie verlede jaar het hy gevoel “die heilige gees druk op sy hart” om ’n verskil te maak.
“Daar is soveel skape wat alleen staan wat nie weet waarheen nie.”
Schoultz sê al maak hulle net in een man se lewe ’n verskil het die groep, wat uit 12 komiteelede bestaan, hulle doel bereik.
Hulle het verlede jaar die Bosveld byeenkoms bygewoon “en daar was ongelooflike getuienis”.

Die Might Men-saamtrek is interkerklik en kos R50 per persoon vir die hele naweek.
Vir navrae skakel Carel by 082 849 5009, Altus Badenhorst by 082 462 6540 of Gerrie Henn by 079 799 5849.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button