News

Reënmeters op verskeie plase wys hoe nat November was

Die Kaap brand en Mpumalanga spoel weg met wispelturige weer

Die Kaap is aan die brand, Mpumalanga spoel weg, ons het drie seisoene in een dag en nou tref Augustus se winde ons in Januarie.
Ja-nee die weer is deurmekaar.

Maar hoeveel het dit werklik die afgelope tyd gereën?

Mnr. Gerrie Gerrits hou noukeurig statistiek van die reënval vir die Departement Landbou by 10 verskillende punte, waaronder sy bosveld plaas naby Marble Hall, Pienaardam, net anderkant Ultra City, sy sandwerke uit op die Krugerdampad en die gedeelte net suid van Aerorand.
Daarvolgens het dit veral in November verlede jaar gesous.

A yard covered in a thick layer of white hailstones near plants and a brick house. A green garden sprinkler stands in the center. The scene appears cold and wintry.
Pienaardam het nie net goeie reëngehad nie, maar in Desember ook hael. FOTO: Verskaf.

Die syfers wys egter ook hoe wisselvallig die reënval was.

By een van die vier meetpunte in die bosveld is daar in November 2025 212mm gemeet en by ’n ander kamp 180mm.
Pienaardam het dieselfde maand 199mm gemeet, die sandwerke 242mm, by Ultra City 225mm, anderkant Aerorand 209mm.
Vanaf Mei 2024 tot April 2025 is 745mm in die bosveld gemeet, 909mm by Pienaardam, 857mm by die sandwerke, 937mm by Ultra City en 916mm naby Aerorand.
In November 2024 is net 124mm in die bosveld aangeteken, 78mm by Pienaardam, 56mm by die sandwerke, 54 by Ultra City en 63mm Aerorand.

Dark storm clouds loom over a rural field with a fence and power lines. The ominous sky contrasts with the bright grasses, creating a tense atmosphere.
Nog ongure weer en reën is volgens die weerburo op pad. FOTO: Verskaf.

Reënseisoen begin aanvanklik traag

Syfers van mnr. Gerrits se vorige plaas naby die N4, in ’n suidelike rigting vanaf Middelburg, wys hoe die reënseisoen aanvanklik traag begin het, met Mei, Junie en Julie, waar daar nie ’n druppel geval het nie en net 6mm in Augustus. September is 28mm aangeteken, Oktober 16mm, November 240mm Desember 63mm en tot dusver die jaar 32mm.

Moet nog nie die reënjasse wegbêre nie

En as mens die weerburo kan glo is daar nog groot reën op pad, wat veral die Laeveld en gedeeltes van Limpopo gaan tref.
Moet nog nie die reënjasse wegbêre nie, miskien ook nie die warm komberse nie.
Die weer is soos ’n babatjie se doek, jy weet nie wat jy gaan kry nie, dit kan dalk droog wees, nat, of iets onaangenaams kan jou tref.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button