News

99.1% slaag – Rooies klas van 2025 is hoog in die wolke

Son skyn helder op Hoër Tegniese Skool Middelburg se klas van 2025.

HTS Middelburg se matriekklas van 2025 was vroeg uit die vere om hul individuele uitslae by die skool te kry.

Die skool spog vanjaar met ’n slaagsyfer van 99.1%.

Altesaam 222 matrieks het aangesit vir die eindeksamens.

Een leerling se uitslae is nog uitstaande.

’n Indrukwekkende 176 of 80% van die HTS-matrieks het geslaag met universiteitsvrystelling.

Altesaam 36 kwalifiseer vir diplomastudies en 36 vir ’n hoërsertifikaat.

Daar was 176 onderskeidings, 313 B-simbole en 349 C-simbole.

Individuele Prestasies:
Danieke Uys is vanjaar se toppresteerder met sewe onderskeidings. Haar uitslae lyk so: Afrikaans – 94%, Engels – 92%, Wiskunde – 91%, LO – 97%, Geografie – 91%, Lewenswetenskappe – 96% en Fisiesewetenskappe – 87%. Sy spog met ’n gemiddeld van 92.6%.

Maricia Conradie en Palesa Motsoeneng het ook elk sewe ondeskeidings ingepalm.

Vier voormalige leerlinge, Deodané de Lange, Ansolé Jacobs, Petra Wassenaar en Qhawekazi Xulu, het elk vyf onderskeidings behaal.
Elri Bester, Franzel Botha, Anele Masuku, Tshedza Mugwena, Adri Pohl en Zandrie Smit, het elk vier onderskeidings ingepalm.

Verder spog die skool met 11 leerlinge met drie onderskeidings elk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button