Andru van Zyl (18) is nie net ’n fietsryer van formaat nie, hy is ook ’n slimkop.
Die oud Afrikaanse Hoër Seunskool matrikulant, wat van Polokwane na die Kaap fietsry, om geld in te samel vir kinders wat met kanker gediagnoseer is, het ses onderskeidings behaal in verlede jaar se eindeksamen.
Hy het vanoggend van Stormsrivier na Plettenbergbaai getrap, toe hy die goeie nuus gekry het.
Andru het op sy epiese tog diep in Suid-Afrikaners se harte gekruip, met sy fietsry van hoop.
Hy eindig op 22 Januarie in Seepunt.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
