News

KYK: Hekmotordiewe kry nie hul buit losgeruk nie en laat spaander

Talle Middelburgers wonder of die hekmotors wat die Witbank Polisie teruggekry het, nie dalk van dié is wat hier gesteel is nie.

Die afgelope twee aande was hekmotordiewe weer erg bedrywig in Middelburg en was almal verras toe hulle verneem dat die Witbank Polisie 10 hekmotors in ‘n voertuig gekry het.

Videomateriaal wys hoe hekmotordiewe vanoggend om 02:17 in Bullerstraat, Dennesig, afgery kom, verby die hek ry en net buite sig stop. Twee persone spring uit, waarop hulle binne sekondes die motor van buite af buite aksie stel om die hek oop te skuif.

Hulle wikkel en ruk, maar die hekmotor wil nie los nie, waarna iets hulle klaarblyklik pla en hulle terughol na die wagtende voertuig toe, wat daarna weer wegry.

Kort nadat die inwoner die videomateriaal op die Dagpatrollie se WhatsApp-groep gedeel het, het ‘n ander inwoner van Elandstraat laat weet dat hulle hekmotor wel gesteel is (vir ‘n tweede keer) en daar is ook een gesteel in Steve Bikostraat.

In C.R. Swartstraat is erge skade aangerig toe die booswigte ook ‘n hekmotor probeer uitbreek het, maar dit nie kon uitkry nie.

Daar is vandag op dieselfde groep gedeel dat die Witbank Polisie gister tydens ‘n roetine patrollie ‘n voertuig probeer stop het, maar die insittendes het uitgespring en weggehardloop. Met nadere ondersoek is daar 10 gesteelde hekmotors gevind. Dit was alles ‘Centurion’ hekmotors.

Die hekmotors wat die Witbank Polisie in ‘n voertuig gevind het nadat die insittendes weggehardloop het. Foto: Verskaf.
Die twee hekmotordiewe wat nie die hekmotor in Bullerstraat uitgebreek kon kry nie. Skermskoot van die kringtelevisie videomateriaal.
@middelburgobserver

Gate motor thieves arrived in a vehicle, stopped in Buller Street, Dennesig (Middelburg), and jumped out to try and steal a gate motor in the early hours today. When they couldn’t get it loose, they climbed back into the vehicle and drove off, leaving the motor behind but damaged. Middelburg, Dennesig, CrimeAlert, GateMotorTheft, CommunityWatch, BeAlert, LocalNews, StaySafe, MiddelburgObserver

♬ original sound – MiddelburgObserver –

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button