KYK: Twéé 2025 matrieks van Hoërskool Kanonkop behaal vyf onderskeidings!
Hoërskool Kanonkop is baie trots op die Klas van 2025 met twee leerlinge wat vyf onderskeidings behaal het.
Hoërskool Kanonkop se matriekklas van 2025 het ’n indrukwekkende slaagsyfer van 99,1% wat beteken dat daar slegs een kandidaat is wat nie die eksamen suksesvol afgelê het nie.
Hierdie uitslag volg op twee opeenvolgende jaar waarin die skool ‘n 100% slaagsyfer behaal het. Dié besondere prestasie bevestig die skool se konsekwente akademiese uitnemendheid.
Die groep se prestasies word verder beklemtoon deur die hoë gehalte slaagresultate. 79 Uit 114 leerders het ’n Baccalaureusvrystelling behaal, wat hulle toelating tot universiteitstudies gee, terwyl 30 leerders met ’n Diplomavrystelling geslaag het. Dit dui op ’n sterk akademiese grondslag en goeie voorbereiding vir tersiêre studie en verdere loopbaanrigtings.
Akademiese uitnemendheid is ook weerspieël in die aantal onderskeidings wat behaal is.
Mercy Sibomana en Boni Mtsweni verwerf vyf onderskeidings, Valentia Skosana en Brooklyn van Rensburg vier, en die volgende vyf leerders behaal drie onderskeidings: Chawila Chali, Phethile Matsoake, Rihangwele Tshisikwane, Armantus Muller en Blessing Mchabe.







’n Verdere hoogtepunt van vanjaar se uitslae is die merkbare verbetering in die Fisiese Wetenskap, waar die groep se gemiddeld aansienlik gestyg het.
Die skool is besonder trots daarop dat daar verskeie vakke is waarin geen druipelinge voorgekom het nie, wat insluit: Afrikaans HT Afrikaans EAT, English HL, English FAL, Wiskundige geletterdheid, Tegniese Wiskunde, Rekeningkunde, Tegniese Wetenskap, LO, Verbruikerstudies, Toerisme, Besigheidstudies, IGO, Meganiese Tegnologie, Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie en CAT.
@middelburgobserver Big celebrations at Hoërskool Kanonkop! Two matriculants achieved five distinctions, with many others earning subject distinctions. Hard work pays off! HoërskoolKanonkop, MatricResults, Distinctions, AcademicExcellence, ProudMoment, HardWorkPaysOff, ClassOf2025, MiddelburgObserver
