NewsSport

Gaan Gustav kat se snor wees by Karel Kat?

Dorp se fietsryers is slaggereed vir naweek se kampioenskappe

Gaan Gustav Basson die naweek koning kraai by Karel Kat?
Die oud HTS Middelburg leerling, wat die laaste klompie jare sy brood en botter verdien as professionele fietsryer, het ingeskryf vir die provinsiale kampioenskappe.
Hy ry in die kleure van Gauteng.

A woman wearing a green and yellow cycling jersey with "South Africa" printed on it smiles, arms outstretched, holding the South African flag behind her.
Megan Botha. FOTO: Facebook.

Vyf provinsies waaronder Mpumalanga, Vrystaat, Noordwes, Limpopo en Gauteng neem aan die kampioenskappe deel.
Daar word egter afsonderlike prysuitdelings vir elke provinsie gehou.
’n Plat roete van 18 kilometer, met goeie teeroppervlak, word gebruik.
Deelnemers gaan verskillende rondtes ry, afhangende van hulle ouderdomsgroep.
Die wegspring is by Karel Kat trouvenue in Mapleton (Boksburg).

Basson (Tshenolo pro span) kan kwaai kompetisie in die elite afdeling verwag met nog ’n oud Middelburger, Thokozani Mahlangu (Tshenolo), Casper Kruger en Reinardt Janse van Rensburg (Tshenolo), wat ook ingeskryf het.
Hy gaan aan beide die tydtoets (Saterdag) en padwedren (Sondag) deelneem.

A cyclist in aerodynamic gear rides a time-trial bike on a rural road, with dry grass in the background. The scene exudes speed and focus.
Magda Nieuwoudt. FOTO: Facebook.

’n Interessante naam in die vroue afdeling is oud Middelburger Magda Nieuwoudt in die kleure van Gauteng.
Sy het ’n skitterende RideJoburg agter die rug, waar sy ’n derde plek losgery het.
Na haar heldedade in die Munga-uitdaag, moet sy sterk genoeg wees om haar man tussen die top vroue te staan.

A smiling cyclist in a helmet and black cycling kit stands with a gray bike. Background shows a brick wall and reflections of bikes in a shop window.
Len Sutton. FOTO: Facebook

Die oor 70 veteraan wat sy plek verlede jaar oopgetrap het na die Suid-Afrikaanse kampioenskappe, Len Sutton, se naam verskyn ook op die inskrywingslys vir die tydtoets en padwedren. Hy neem vir Mpumalanga deel.

Jong Keira Botha, nog ’n oud HTS Middelburg leerling, het vir die padwedren ingeskryf in die vroue o/23 afdeling.
Nelspruiter en Protea fietsryer wat aan die wêreld fietsry kampioenskappe in Rwanda deelgeneem het, Megan Botha, gaan in die selfde afdeling in beide die tydtoets en padwedren trap.
Sy is na haar skoolloopbaan by Hoërskool Nelspruit ’n kontrak deur Tshenolo vroue pro fietsry span aangebied maar ry steeds vir Mpumalanga.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button