News
In fotos: Ses onnies by Kanonkop Laer is self vanjaar graad een ouers
Miernes van bedrywigheid by Kanonkop Laer met graad eens se eerste skooldag.
Laerskool Kanonkop het vanjaar ses nuwe graad eens verwelkom wie se ouers ook onderwysers by die skool is.
Die Kanonne het reeds Dinsdagaand hul nuwe graad eens verwelkom met die jaarlikse Voetspore-funksie waar kinders deur ’n hekkie loop, waardeur hulle weer in graad sewe uitloop.
Die aand is begin met ’n kanonknal met Hoërskool Kanonkop wat hulle kanon jaarliks hiervoor beskikbaar stel.
Woensdag was daar geen trane by die graad eens te bespeur nie, maar wel hier-en-daar onder ouers.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!










