News

Misdaad neem so toe dat daar ’n oproep is tot optrede

Hekmotors nou die gewildste item op diewe se wenslys

’n Hekmotor wat nie gesteel kan word nie?
Dink weer!
Niks keer die hekmotordiewe nie.
Hulle is arrogant, georganiseerd en gee nie om, om geweld te gebruik nie.
Daar is Maandagaand op eMalahleni 10 hekmotors teruggekry, nadat die polisie ’n verdagte motor voorgekeer het.
10!

A partially open, reflective metal roller door is viewed from the side, revealing brown brick walls and storage boxes inside a garage-like space. The mood is utilitarian.
Gedink jou fietse is veilig in die motorhuis? Nee, hulle is nie. Kyk hoe het diewe hierdie motorhuisdeur opgefrommel om by twee fietse uit te kom. FOTO: Verskaf.

Op Middelburg is groot skade aangerig nadat die hekmotordiewe Maandagnag in Bullerstraat toegeslaan het.
Dieselfde tyd is daar ook onsuksesvol gepoog om ’n hekmotor in Elandstraat, Kanonkop, te steel.
Hulle het wel in Steve Bikostraat weggekom met ’n hekmotor.
Die vorige week is daar twee uur die oggend by ’n motorhuis in Bullerstraat ingebreek en ’n groot klomp toerusting gesteel.

Nine green and black motor units are lined up against a gray wall on a tiled floor. A white electrical outlet is visible above them.
Die hekmotors is in eMalahleni teruggekry. FOTO: SAP.

Misdaad is beslis besig om te eskaleer met twee fietse wat gister vin Maximstraat in Dennesig gesteel is.
Inwoners is so bekommerd oor die toename in misdaad dat daar versoek is dat ’n vergadering gehou word, sodat die inbrekers en diewe aangekeer kan word.
Na ’n vorige vlaag van misdaad en moord is ’n buurtwag in Dennesig begin.
Misdaad het daarna so afgeneem, dat belangstelling getaan en die buurtwag uiteindelik ’n stille dood gesterf het.

Kyk hier:
@middelburgobserver

A video supplied to the Middelburg Observer yet again shows how gate motor thieves in Middelburg dislodge and steal gate motors within seconds. The scourge of gate motor thefts is becoming a serious problem, with thieves increasingly applying new methods to steal gate motors that owners previously thougt were ‘unstealable’. More than 10 gate motors were discovered in a car in Emalahleni after police pulled the vehicle over.

♬ original sound – MiddelburgObserver –

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button