News
Oudpolisieman bly nog ’n maand in aanhouding tot borguitspraak
Die oudpolisieman wat vanoggend in die hof verskyn het vir borgaansoek, sal oor ’n maand weet wat die borguitspraak is.
Die borguitspraak teen die oudpolisieman wat in aanhouding is op 37 klagtes wat verband hou met seksmisdade sal op 20 Februarie hoor of hy borg gaan kry.
Hy bly in aanhouding tot dan.
Sy prokureur het vanoggend redes aangevoer waarom borg toegestaan moet word en adv. Derik Rowles het op sy beurt uitgebrei oor waarom hy nie borg moet kry nie. Hy het in sy redes ook gemeld dat nóg twee klaers na vore gekom het en dat die klagtes dus meer gaan word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
