News

Watermeterdiewe teiken Kanonkop: ses meters in één nag gesteel

Boewe was byna vasgetrek na die diefstal van ses watermeters in Kanonkop, Middelburg. Inwoners sit sonder water weens vlaag watermeterdiefstalle.

Watermeterdiewe het Kanonkop inwoners weer hoog en droog in die takke!

Ses watermeters is gisteraan gesteel. Parate patrolleerders het byna die verdagtes vasgetrek, ná ure se ry deur die buurt. Die diefstalle wys duidelik dat sekere woonareas in Middelburg doelbewus geteiken word.

Annas Botha het vangoggend wakker geword en gesien dat sy watermeter oornag verwyder is. Die spuitende water het sy erf versuip en tot droeë krane gelei.

watermeters, diewe, middelburg, kanonkop, water, meter,
Water word nag na nag vermors. Foto: Verskaf.

Annas het die voorval by die munisipaliteit aangemeld, maar is meegedeel dat hy ‘geduldig moet wees’, aangesien verskeie ander watermeters ook gedurende die nag in die area gesteel is. Teen die tyd van publikasie was die meter nog nie vervang nie.

Volgens Arthur Hill van die Dagpatrollie is daar meters in Kareestraat, Kremetartstraat en Springboklaan gesteel. Hill sê dat patrolleerders vir ure lank aktief in Kanonkop was. “Ons het hulle amper in die hande gekry. Ons het tot 03:30 vanoggend op en af agter hulle aangejaag, máár hulle het weggekom,” het hy gesê.

watermeters, diewe, middelburg, kanonkop, water, meter,
Ses watermeters was deur die nag in Kononkop gesteel. Foto: Verskaf.

Hy het verder verduidelik dat hierdie watermeterdiewe nie verwar moet word met die georganiseerde bendes wat hekmotors steel nie. “Die hekmotordiewe ry met duursame voertuie. Die watermeterdiewe beweeg te voet, hulle is rondlopers wat die meters uitruk en dit dan wegdra,” het hy gesê.

Die aanhoudende watermeterdiefstalle laat inwoners herhaaldelik sonder water, terwyl groot hoeveelhede water vermors word, en eiendomme ook skade ly.

KYK: https://www.tiktok.com/@middelburgobserver/video/7595542694491966736?is_from_webapp=1&sender_device=pc 

@middelburgobserver

KYK: Watermeterdiewe teiken Kanonkop – ses meters in één nag gesteel Boewe was byna vasgetrek na die diefstal van ses watermeters in Kanonkop, Middelburg. Inwoners sit sonder water weens vlaag watermeterdiefstalle. Lees meer: mi#MiddelburgObserver #Middelburg #Mpumalanga #stevetshwetelocalmunicipality watermeterdiewe

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Carmia Jansen van Vuuren

Carmia is an up-and-coming junior journalist at the Middelburg Observer. She has a burning passion for creative writing and poetry. She is a qualified language educator but fiercely enjoys the challenges that writing and reporting offer. Her focus spreads over different fields, including human interest, hard news, investigative reporting, and sports.
Check Also
Close
Back to top button