News

Water aangery vir King Nyabela Hospitaal

Daar is al etlike dae nie lopende water by die King Nyabela Hospitaal nie.

Daar al vir etlike dae nie lopende water by die King Nyabela Hospitaal nie, maar die Steve Tshwete Munisipaliteit het watertenks voorsien wat die brandweer volhou.

Rdl. Deon van der Merwe het laat weet dat dit nie net die hospitaal is wat sonder water sit nie, maar ook ander besighede in Uitbreidings 49.

Hy het aangedui dat hy sal uitvind wat die oorsaak is

  • Hierdie area kry water vanaf die reservoir by die skietbaan langs die N4 en het inwoners van Aerorand ook vroeër die week gekla dat hulle probleme het met waterdruk. Rdl. Hennie Niemann het egter laat weet dat die waterdrukprobleem in Aerorand egter uitgesorteer is. Water kon vir ‘n ruk nie gepomp word vanaf die reservoir nie, weens ‘n lugblokkasie in die pype.
  • Die Departement van Gesondheid was die bewus daarvan dat daar ‘n waterprobleem by die hospitaal is nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button