News

Abnormale vrag haak voertuie en sleep dit saam

Verkeer word steeds beïnvloed op die N11 by die Columbus Stainless verkeerslig na ’n ongeluk waar ’n abnormale vrag voertuie etlike meters ver gesleep het.

Verskeie voertuie is vanoggend deur ’n abnormale vrag beskadig.

Die vrag het te naby aan die voertuie verby gegaan en dit etlike meters ver saamgesleep by die Columbus Stainless verkeerslig.

Nood- en insleepdienste is steeds op die toneel waar die abnormale vrag vier voertuie gehaak en saamgesleep het. Die ongeluk het omstreeks 08:00 gebeur en verkeer word steeds beïnvloed. Motoriste word gemaan om stadiger te ry in dié area.

’n Paar van die insittendes van die voertuie het ligte beserings opgedoen.

Dié voertuie se hele dak is ingeduik nadat dit deur die abnormale vrag saamgesleep is. Foto: Verskaf.
Die erge skade aan ’n bakkie wat deur die abnormale voertuig saamgesleep is. Foto: Verskaf.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button