Die veteraan fietsryer van Middelburg Fietsryklub, Len Sutton, is Saterdag gekroon as die Mpumalanga tydtoets kampioen in die oor 70 ouderdomsgroep, tydens die gesamentlike provinsiale kampioenskappe by Karel Kat trou venue naby Boksburg.

Limpopo, Mpumalanga, Vrystaat, Noordwes en Gauteng was in aksie.
Sutton het Sondag tweede geëindig in die padwedren.
Fietsryers het ’n uitdagende 18 kilometer sirkelroete aangedurf, met lang stadige klimme en ’n sterk wind van voor.
Tobie van den Bergh wen beide die tydtoets en padwedren in die 65-69 ouderdomsgroep.

Eduan Lotter van Hoërskool Middelburg het ’n derde plek losgery in die o/15 ouderdomsgroep.
Oud Middelburger, Magda Nieuwoudt, was tweede in die tydtoets en sesde in die 150km padwedren, met net ses sekondes tussen haar en ’n podium plek.

Gustav Basson het nie die padwedren voltooi vir elite ryers nie met Thokozani Mahlangu 9de.
Keara Botha het in die afdeling vir vroue o/23 net vier van haar agt rondtes voltooi met Nelspruit se Megan Botha die wenner.

Die oud 4SAI offisier, Louis Janse van Rensburg, was tweede in die tydtoets en derde in die padwedren in die kleure van Gauteng.
