News

King Nyabela Hospitaal het water, maar dis steeds koud!

Pasiënte het laat weet daar is darem nou weer water by die nuwe King Nyabela Hospitaal.

Daar is weer lopende water by die King Nyabela Hospitaal nadat daar vir meer as ’n week nie water was nie, maar pasiënte moet steeds met koue water bad.

Verlede week is berig dat daar nie lopende water was by dié hospitaal nie, maar die munisipaliteit het ingegryp en watertenks neergesit.

’n Paar pasiënte het egter laat weet dat hulle nie toegang gehad het tot dié water nie en dat hul families vir hulle in bottels water moes bring om te was.

Vanoggend het ’n pasiënt laat weet dat hulle wel lopende water het, maar dat dit steeds koud is.

  • Die Observer het twee weke gelede al navraag gedoen by die Departement van Gesondheid oor die bewering dat die ketel (boiler) wat die warm water moet voorsien buitewerking is. Ook dat die masjien wat teatertoerusting moet steriliseer, stukkend is. Ontvangs van die navraag is erken, maar daar is nog nie antwoorde verskaf nie.
  • Al die klagtes van die laaste paar weke is ook aan die Menseregtekommissie gestuur, wat laat weet het dat hulle besig is met ’n ondersoek. Van die klaers is ook reeds gekontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button