Toe Andru van Zyl (18) hoor een van die graad agt leerlinge van Afrikaans Hoër Seunskool is met kanker gediagnoseer, het hy nie ’n emoji met trane of hartjie gestuur en aangegaan met sy lewe, soos die meeste mense sou doen nie, hy het besluit om ’n verskil te maak.
So het ’n fietstog van Polokwane na Kaapstad begin, wat so pas by Seepunt geëindig het.
Andru het die land só aangeraak met sy epiese fietstrap dat ’n prediker van die Paarl vanoggend daaroor gepraat het in sy boodskap oor leierskap.
Hy het gesê Andru het gewys hy is ’n ware leier en die vraag gevra wat ons ander sou doen in so geval.
En die seun waar alles begin het, Mandré de Jager alias Badprop, was saam met sy pa Pieter deel van die laaste skof nadat weldoeners ’n tandem fiets vir hom geleen het.

@middelburgobserver KYK: Oud hoofseun voltooi epiese tog na die Kaap Lees meer: #MiddelburgObserver #Middelburg #Mpumalanga #sacycling
