News

KYK: Bossies verwyder tussen geboue by King Nyabela Hospitaal

Die lang gras en die bossies wat so onooglik gelyk het tussen die geboue by die King Nyabela Hospitaal, is uitgehaal.

Net twee dae nadat die Observer ‘n Tik Tok video gepubliseer het van bossies en gras wat kniehoogte groei tussen die geboue by die nuwe King Nyabela Hospitaal, is alles skoongemaak.

Pasiënte en besoekers aan die hospitaal het die koerant vroeër die week gekontak en daar is ‘n video gestuur waarin gesien kon word hoe gras en bossies deur die sementblaaie groei.

@middelburgobserver

Gras en bossies groei al kniehoogte deur die sement by ‘n binnehof tussen die sale by die nuwe King Nyabela Hospitaal in Middelburg! Middelburg, MiddelburgObserver, KingNyabelaHospital, patientcare, DeparmentOfHealth

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

“Donderdag was dit ‘n gewerskaf van ‘n ander wêreld terwyl hulle al die gras en bossies uitgehaal het. Dit lyk nou sommer mooi as jy by die venster uitkyk!” is gesê.

Op die nuwe video wat geneem is, kan ‘n mens duidelik die verskil sien.

@middelburgobserver

Die bossies en gras wat kniehoogte gestaan het op die sement tussen die geboue by die King Nyabela Hospitaal, is verwyder! MiddelburgObserver, KingNyabelaHospital, DepartmentOfHealth, NewHospital, MiddelburgMpumalanga

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button