News

Oud Middie onderwyser sterf na maande in hospitaal

'n Bekende oud-onderwyser van Hoërskool Middelburg is gister in die vroeë oggendure in die Unitas Hospitaal oorlede.

Gert Human (66), wat vir jare bekend was as ‘n geliefde houtwerkonderwyser by Hoërskool Middelburg, is gisteroggend oorlede nadat hy vir maande gehospitaliseer is.

Sy suster, Leo Whitfield, sê sy hy het die laaste paar maande teen ‘n infeksie geveg na ‘n hartklepvervanging.

Hy het aanvanklik verlede jaar gekla oor pyn in sy rug en was aanvanklik in die Life Midmed Hospitaal. In Julie verlede jaar is hy na die Kosmos Hospitaal, waar hy behandeling ontvang het tot in September, waarna hy per helikopter oorgeplaas is na die Unitas Hospitaal.

Leo vertel dat hy in 2023 ‘n hartklepvervanging gehad het en dat hy weer ‘n soortgelyke operasie in die Unitas gekry het. Hy het ook ander operasies ondergaan in die tyd wat hy in die hospitaal was.

Leo het ‘n groep gestig kort nadat hy in die hospitaal opgeneem is en het die lede tot meer as 100 gegroei. “Gert het baie vriende in Suid-Afrika en van regoor die wêreld gehad. Ek kan nie genoeg dankie sê vir almal se ondersteuning nie. Dankie ook vir almal wat hom gekontak en gaan besoek het.”

Dawie van der Merwe was een van vele vriende wat vir Gert Human in die hospitaal gaan kuier het. Gert is gister in die vroeë oggendure in die Unitas Hospitaal oorlede. Foto: Verskaf.

Gert was welbekend in Middelburg waar hy as onderwyser vriendskapsbande gesmee het met onderwysers, ouers en kinders. Later het hy by ‘n myn gewerk en toe hy daar weg is het hy vir twee maatskappye opleiding gedoen. “Gert het nooit afgetree nie!” meld Leo.

As sy hom moet beskryf, onthou sy met ‘n glimlag dat “Gert op sy gelukkigste was as hy saam met almal kon braai!” Haar broer het homself ook baie keer tekort gedoen om ander te help. “Hy het so ‘n goeie omgee-hart gehad.”

Sy het dosyne name opgenoem van vriende wat tot met sy afsterwe goed bevriend was en gereeld vir hom gaan kuier het.

Gert word oorleef deur sy susters Yvonne en Leo en broers Chris (beter bekend as ‘Koevoet’) en Pieter.

  • Daar sal Maandag begrafnisreëlings getref word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button